Op ʼn kreatiewe Heilige Gees geïnspireerde manier aanbid ons God deur middel van die kunste. Ons kondig vryheid aan op ʼn vars nuwe manier soos die Heilige Gees homself spontaan deur ons wil uitdruk. Deur dans en drama, onbeskaamd en sonder enige limiete of inhibisies, verby onsself, dra ons die boodskap uit. Oral waar ons deur harmonie tussen gees, siel en liggaam bedien, beweeg ons in die vryheid en die heerskappy van Christus Jesus. Ons vat dit wat eintlik aan God behoort, terug en gebruik dit tot opbouing van Sy Koninkryk.