WELKOM BY LOFPARK BEDIENINGE

Lofpark Bedieninge is ‘n Vernuwings Bedienings Liggaam, wat die liggaam van Christus na ‘n nuwe vlak van intimiteit met God lei, om sodoende die oorspronklike plan van God vir die mensdom te help ontdek:
- Om as Konings heerskappy te neem
- Om te regeer in Sy Koningkryk
- Om die aarde te vul met die heerlikheid van God

Dit is ons misie om mense, wie God by die korporatiewe salwing voeg, te leer en te help om volgens Koningkryksbeginsels te lewe en hulle te help groei tot die volle gestalte van Sy Seun, JESUS CHRISTUS.

As ‘n Apostoliese bediening, identifiseer, ontwikkel en mobiliseer ons ander bedieninge en word daar ondersteuning gegee op morele, geestelike en finansieële gebied, om sodoende dieselfde visie uit te dra tot aan die uithoeke van die aarde.

Pastor Francois Burger
Cell: 083 656 6543