Daar is soveel mense wat ʼn begeerte het na ware en egte deelgenootskap, sonder enige bybedoelings. In my lewe het ek al soveel mense ontmoet met dieselfde hartklop, Woord en openbaring, of anders gestel  - mense met dieselfde “Geestelike DNA” - en ons behoort die akkurate openbaring van God se genade saam te vier.  Dit is dieselfde openbaring wat eerstens aan die Apostel Paulus geopenbaar was, die Evangelie van Jesus Christus, die krag tot redding vir elkeen wat glo.  Dit is ʼn baie spesifieke boodskap!  U word uitgenooi om deel te wees van hierdie familie in die liggaam van Christus.  Ons erken die vyfvoudige bedieninge en het ontdek dat die uniekheid van elke individu liewer gevier moet word, in stede daarvan om verdra te word.
Kingdom Life Global Alliance is ʼn platform waar ons die openbarings in samesyn kan vier.
Openbaring is progressief en hoe meer ons deurweek word in die openbarings, hoe groter is die impartasie van die openbarings in ons harte. My ondervinding is: “Ons bly altyd leerlinge in die Koninkryk van God”.  Hoe meer leerbaar ons is, hoe vinniger versnel God die tyd in ons lewens. Dinge wat ons jare sou neem om te bereik kan in ʼn paar maande volbring word, indien ons in progressiewe openbarings voortbeweeg. Ons leef in ʼn baie opwindende tyd en ek is so bly om deel van die liggaam van Christus te kan wees in hierdie tyd.
Baie welkom by hierdie unieke viering
Kingdom Life Global Alliance